null
Locally Sourced

Nou Enige Oomblik SB

(No reviews yet) Write a Review
SKU:
9781431626564
R49.00

Description

Is jy ook bekommerd oor die huidige wêreldgebeure waar oorloë, gerugte van oorloë, vernietigende natuurverskynsels en hongersnood ’n werklikheid geword het? Weet jy dat Jesus enige oomblik kan terugkeer? Is jy gereed as Hy vandag sou terugkom?
Topverkoper-outeur en gebore Israeli Amir Tsarfati wil mense oor die wêreld heen help om sonder vrees te leef met Christus se naderende terugkoms in gedagte. Nou enige oomblik is ’n sakpas-waarskuwing dat die aarde se laaste dae al hoe nader kom. Terwyl jy lees, sal jy ...
• leidrade ontdek wat wys dat Christus se wederkoms enige oomblik kan gebeur.
• Bybelse profesieë bestudeer deur die perspektief van ’n Israeli, wat jou sal help om die huidige gebeure in die Midde-Ooste beter te verstaan.
• ’n gees van verwagting jou eie maak, sodat jy altyd gereed is vir die Here se wederkoms.
• Slegs Christus kan in hierdie donker wêreld van vandag vir ons hoop gee. Nou enige oomblik sal jou help verstaan wat volgende is in God se profetiese plan – en jou bemoedig met die beloftes dat Jesus se wederkoms en die herstel van sy volk net om die draai is.

View AllClose

0 Reviews

View AllClose

© 2023 lifestyle @ BALI TRADING | Website designed by Moonstone Direct