null
Locally Sourced

Samesyn

(No reviews yet) Write a Review
SKU:
42984
R579.00

Description

Samesyn is ’n uitnodiging om hartlik te leef en die mooi in die alledaagse te vier – om mense met ’n oop hart aan jou tafel te ontvang. Dis meer as ’n resepteboek; dit is ’n viering van tuiskoms, warmte en die eenvoudige geheime wat ’n huis in ’n tuiste verander.

Van rustige oggende tot gesellige aande, dra die boek die ritme van saamwees – die kom sit, luister en deel. Tussen die resepte is vyf hartsafdelings: Huislikheid, Tafelstories, Blommekuns, Gasvryheid en Feesviering, wat jou inspireer om jou huis en tafel met sorg en betekenis te vorm.

Vir liefhebbers van Trouvrou is dit ’n verdieping van hart, huis en tafel – ’n plek waar stories gedeel en herinneringe geskep word.

Met 312 volkleurbladsye, 109 resepte en meer as 150 foto’s, bied Samesyn ook praktiese leiding oor tafeldek, blomme, gasvryheid en feesviering, met QR-kodes wat jou na inspirerende video’s neem.

View AllClose

0 Reviews

View AllClose

© 2025 lifestyle @ BALI TRADING | Website designed by Moonstone Direct