null
Locally Sourced

Avonture saam met 'n Maankind - Gerhardus Erasmus

(No reviews yet) Write a Review
SKU:
9780639732114
R239.00

Description

'n Onaardse dreuning skeur deur die maantuig se kajuut. Jim se oë rek

van afgryse: wat is besig om te gebeur? Jim is skaars dertien!

Hoe op aarde is hy veronderstel om heeltemal alleen vir sy klein

sussie te sorg.

 

Nou is hulle stoksielalleen in die ruimte! Of is hulle?

 

Wat ’n avontuur wag op Jim en Zinzi? Kom reis saam en vind uit!

 

In Avonture saam met 'n Maankind beleef ons nie net heerlike bowêreldse

avonture nie. Die skrywer kombineer 'n fantasie-ruimtereis met die

wetenskap om aan sy lesers, oud en jonk, die heerlikheid en grootsheid

van God se skepping te openbaar. Soos Dawid in Psalm 8:4-6, staan ons

in verwondering!

Jean van der Merwe – Breerivier Taalburo

 

“Skrywer slaag daarin om die verbeelding van kinders en grootmense aan

te gryp deur die verhaal van 2 jong kinders Zinzi en Jim en hulle hegte

vriendskap met die Maankind, Oiiee. Geestelike ingesteldheid speel ‘n

belangrike rol. Wat ‘n fees om te lees!”

Lourens Jonker – Boer, sakeman en skrywer

 

View AllClose

0 Reviews

View AllClose

© 2023 lifestyle @ BALI TRADING | Website designed by Moonstone Direct