null
Raymond Lombard

Raymond Lombard Die Name van God

(No reviews yet) Write a Review
SKU:
RLDNVG
R160.00

Description

God se name is in wese God self.

God se name is sy selfontsluiting in sy woord en hoort tot die brandpunt van sy openbaring.

As uitdrukking van sy wese, is die naam van God nie ’n tydelike rol wat Hy vir ’n beperkte tyd speel nie. Aan sy name sal God hom hou, en daarom is sy name die teken van Gods trou, teenoor Homself en teenoor hulle aan wie Hy sy Naam gegee.

Wat ons van God weet en ken, is nie deur eie toedoen, mag of kennis nie, maar is wat God Self in sy Alwyse Raad besluit het om aan ons te openbaar. Dat God Homself ’n naam of titel of self-benaming gege het, is bewys dat Hy ’n persoon is.

Ons kyk in hierdie boek na God se naam en beskrywings soos weergegee in die Ou en Nuwe Testament:

God (Elohim); HERE (Yahweh); Here (Adonai en Kurios); Jesus Christus; Messias; El Shaddai; El Elyon; El Olam; Yahweh-Rapha; Yahweh-Nissi; ; Yahweh M’Kaddesh; Yahweh-Shalom; Yahweh-Shabbaoth; Yahweh-Ra-ah; Yahweh-Tsidkenu; Yahweh-Shammah en Yahweh-Jireh.

View AllClose

0 Reviews

View AllClose

© 2023 lifestyle @ BALI TRADING | Website designed by Moonstone Direct